DIENSTYE: SONDAG 09:00 | 18:00
KINDERKERK: SONDAG 09:00 | 18:00
Hoekom moet ek ’n lidmaat word?
Lidmaatskap is soos om by ’n groot, liefdevolle familie in te stap!
Dit gaan oor saam wees, mekaar bemoedig, en opwindende avonture met God aanpak.
• Hier het jy leiers wat nie net oor jou siel waak nie, maar regtig omgee vir jou hart en jou groei in geloof aanmoedig. (Hebreërs 13:17)
• Dit is ’n plek waar jy mense ontmoet wat jou inspireer, saam met jou droom, bid,en jou help om jou unieke roeping uit te leef.
• Ons hou daarvan om saam te lag, te leer en opbouend met mekaar om te gaan – jy sal nooit alleen wees nie!
#Kerkinjoutaal
Daar is altyd plek vir nog een aan ons tafel!
Woensdae 19:00
Ons weet dat 'n Sondag nie genoeg tyd saam met jou kerkfamilie is nie. So, jy het die voorreg om op Woensdae by jou naaste selgroep in te skakel! Ons bespreek elke week die vorige Sondag se oggenddiens preek en kom net by mekaar se harte uit.
Of jy nou splinternuut is by ons, of as jy al vir jare lank deel van die gemeente is, is die beste manier om nuwe mense te ontmoet deur 'n selgroep! Skakel vandag nog in as jy nog nie het nie!
Coenie en Elbie
Flamingo Vlei , Blouberg
Andrew en Adel
Vredekloof, Brackenfell
Alfred en Hantie
Ferndale, Brackenfell
Elsabe
Protea Hoogte, Brackenfell
Theunis en Nelmari
Sonkring, Brackenfell
Riaan en Dez
Arauna, Brackenfell
Ferdi en Monique
Oakglen, Bellville
Theo en René
Uitzicht, Durbanville
Jan-Paul en Mariza
Valmary Park, Durbanville
Johann en Wanda
Brackenfell
Vul 'n selgroepvorm in as jy nog nie deel is van een nie!
DIE GIDEONSBENDE
Vrydae oggende 06:00, kom die manne van die gemeente bymekaar en dan word daar Woord gedeel, daarna braai ons almal saam.
Die doel van Manwees is om die lewe saam te doen as mans. Ons dra mekaar, ons bid vir mekaar, ons ondersteun mekaar en ons is lief vir mekaar.
#Manwees die plek waar jy sterk gemaak word
Om deel te word van die Whatsapp groep druk op die knoppie hieronder
Donderdae 10:00 en ''Pitstop"- kuiers
Vrouwees is 'n vrouegeselskap van alledaagse vroue wat gewaagd en onbeskaamd
in ritme stap met die Heilige Gees.
Ons leef in merkwaardige maar tog uitdagende tye, en die behoefte aan vrede,
antwoorde en oplossings is groter as ooit.
Kom word deel van 'n groeiende beweging van vroue wat reageer op die eenvoudige uitnodiging om DIE VERANDERING TE WEES.
Elke 2de Dinsdag van die maand 06:00
Elke tweede Dinsdag van die maand het ons besigheisel 06:00 op kampus by Beweeg Kerk.Hierdie is vir alle besigheideienaars, besigheids mense en ook elkeen wat graag meer wil leer oor Koninkryk besigheid.
WORD DEEL VAN ONS WHATSAPP GROEP!
Elke Sondagoggend en aand 09:00 en 18:00!
Dit is net so belangrik vir ons kinders om van die Here te leer! By kinderkerk is ons net so gefokus om klein dissipels te maak van elke een en ware krygers vir Sy koningkryk op te rig!
Bring jou kinders saam!
Elke Vrydag 19:00!
By Beweeg Tieners is ons intensioneel en doelgerig besig om 'n omgewing te skep vir tieners tussen die ouderom van 12 en 18 om Jesus te leer ken.
Ons fokus is om die volgende generasie te leer hoe om Liefdevolle, Woordgefundeerde Koninkryk beginsels en kultuur as familie saam te ontdek en leef.
Ons missie is om jou te bemagtig om ‘n intieme verhouding met God te ontwikkel deur saam te leer hoe om die Bybel te lees, as familie saam te bid en sien hoe God kragdadig beweeg, intieme aanbidding en lekker familie kuiers.
Kontak die Kerkkantoor!
Woensdae 19:00 - 21:00
18-29 jaar oud
Is jy 'n jong volwassene wat wil groei in jou verhouding met die Here?
Kom kuier saam met ons, ontmoet nuwe gesigte en raak deel van 'n groep wat uitverkoop is aan Jesus. Jonk wil jou graag toerus om standvastig te staan op die woord van die Here en met vrymoedigheid uit te stap om aan Sy Koningkryk daagliks te bou.
Hier skep ons 'n atmosfeer van "fellowship", familie, liefde en 'n plek wat jy huis kan noem.
Op spesiale geleenthede gaan ons op avonture van lekker eet tot adrenalien gedrewe uitstappies!
Word deel van die Jonk Whatsapp groep!
Elke tweede maand is daar n groot byeenkoms!
Is jou vroutjie 50 en jy 80 jaar oud of anders om?
Jy pas perfek in ons raakvatters se groep! Jy kan 50 wees en jou ander helfde nog nie, ook reg!
Kom kuiers saam met ons. Ons is die groep wat alles van braai, bingo, Noot vir Noot, slangetjies en leertjies op n mooi Jesus manier kan doen!
Kom wees deel van "Konings kuier groep" wat harte en hande het, wat saam lag,huil en luister!
Die groep wat omgee aangee!